Loopbaankompas - Solidariteit Jeug

Een van die moeilikste, maar tog belangrikste besluite wat jy op skool gaan moet neem, is die besluit oor watter beroep jy eendag gaan beoefen. Van die vrae waarmee jy waarskynlik worstel is: Wat gaan ek met my lewe doen? Gaan ek deur die loopbaankeuse wat ek maak vir myself, en moontlik my gesin eendag, kan sorg? Hoe weet ek dat dit wat ek wil doen, regtig by my as mens gaan pas? Wat as ek verveeld raak in my beroep en dan net my tyd gemors het?

Om hierdie pad en jou worsteling met al hierdie vrae makliker te maak, het Solidariteit ’n Loopbaankompas ontwikkel. Met hierdie Loopbaankompas is daar drie stappe. Die eerste stap, ’n belangstellingsbepaler, is nou gereed vir jou om te gebruik. Hierdie gratis aanlyn toets is deur gekwalifiseerde bedryfsielkundiges opgestel en is gratis op Solidariteit Wêreld en Solidariteit Jeug se webblaaie beskikbaar. Stap 2 en 3 is onderskeidelik ’n persoonlikheidstoets en psigometriesetoetsing en stel ons voor dat jy hierdie toetse na afloop van die belangstellingsbepaler gaan doen om nog meer sekerheid oor jou toekoms te kry.

Maak dus jou sitplekgordel styf vas en durf die pad na ’n suksesvolle loopbaan aan saam met Solidariteit. Dit is so maklik soos een, twee, drie:

BEPAAL JOU BELANGSTELLING VANDAG. KLIK HIER