Loopbaankompas psigometriese toetse - Solidariteit Jeug
Neem die volgende stap;
lê psigometriese toetse af.

Is jy na afloop van die Belangstellingsbepaler steeds onseker oor jou Beroepsreis? Lê dan psigometriese toetse af by een van die kundiges in Solidariteit se netwerk van bedryfsielkundiges, opvoedkundige sielkundiges en psigometriste.

’n Psigometriese toets is ’n toets wat jou aanlegte, vaardighede en karaktereienskappe na vore bring, en dit word slegs onder streng toesig deur gekwalifiseerde kundiges gedoen.

Vra die kundige met wie jy kontak maak vir die Loopbaankompas-pakket. Hierdie pakket, wat vir lede van Solidariteit en Solidariteit Jeug beding is, gaan jou ’n maksimum van R2 500,00 kos en sluit die volgende in:

  • Ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat jou aanleg bepaal;
  • ten minste een geakkrediteerde psigometriese toets wat jou persoonlikheid analiseer; en
  • ten minste een konsultasie wat ’n uur lank duur met die kundige van jou keuse.

Soek ’n kundige in jou omgewing:

Bepalings en voorwaardes geld